Katriena Kakkerlak

solo drama
Srywer en Speler Dianne du Toit ALBERTZE | Regie en Ontwerp Eddie NEWMAN
13+

'n Tragikomedie wat handel oor die enigmatiese inwoner op die boer beskermde Die Ark met die naam Katriena Kakkerlak. Sy is glo van Koekenaap en is onlangs uit die tronk vrygelaat. Niemand ken regtig veel van haar nie, behalwe dat sy gaande oor goggas is. En nes die verdoemde insekte hou sy die wêreld van onder dop en neem die kykers op ‘n eiesoortige, roerende en skreeusnaakse reis deur haar verlede vol skaduplekke en koue tralies tot in die sandpaaie van Die Ark. 


Sy wil maarnet behoort, maar die son is vedala en die maan hou vir niemand ‘n spot.